Olies van die Bybel Handleiding / Oils of the Bible Manual - Book

R 235.00 R 0.00( / )
Shipping calculated at checkout.
Genesende olie van die Bybel – Handleiding bied aan u, die leser, die volgende: Skrifverwysings na betrokke Bybelse olie; Profetiese betekenis en Verhale bymekaargemaak oor die gebruik van salwingsolies. A word from Eunice: In my aanbieding van programme rondom Bybelse olies oor die afgelope 20 jaar, het dit duidelik geword...
Add to Wishlist

Genesende olie van die Bybel – Handleiding bied aan u, die leser, die volgende:

  1. Skrifverwysings na betrokke Bybelse olie;
  2. Profetiese betekenis en
  3. Verhale bymekaargemaak oor die gebruik van salwingsolies.

A word from Eunice:

In my aanbieding van programme rondom Bybelse olies oor die afgelope 20 jaar, het dit duidelik geword dat die dieper boodskap wat deur elk van die olies gekommunikeer word vir elke individu unieke betekenis kry. Feite aangaande die olies (die Hebreeuse betekenis, inligting oor die plant en sy gebruike) is in hierdie handleiding deurgegee, maar elke leser wat ernstig is aangaande God se botaniese boodskap, sal vind dat hy/sy tyd moet spandeer rondom God se Woord tesame met die feite wat verskaf word. Sodoende word God se karakter (soos ge-openbaar deur die olies) duidelik en terselfdertyd word LIG gewerp op individuele lewens-vrae en kwessies.

Eunice van der Merwe bedien sedert 2001 met Woord en sang rondom Bybelse olies. Soos met koningin Ester het die mirre-olie haar basis in die bediening (asook persoonlik) gevorm. Vir 5 jaar is daar slegs rondom hierdie olie bedien voordat sy in 2006 die ander olies van die Bybel bestudeer het. Sedert 2006 word ‘n reeks van 17 Profetiese salfolies en literatuur verskaf deur die Mirre Bediening.

Mag u met die lees van hierdie Handleiding vind dat u gees lankal na hierdie dieper “versteekte manna” van die Woord verlang het, en dat daar uiteindelik in die woorde van Salomo ‘n hart in u binneste klop, verbly weens geurig olies!

Spreuke 27:9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van ‘n vriend vanweë welgemeende raad.